Skip to content

Ace Magashule se gewese PA Moroadi Cholota kry borgtog in asbes-korrupsiesaak

# Die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule se gewese persoonlike assistent, Moroadi Cholota, is in die Bloemfonteinse Landdroshof borgtog van twee-duisend-500-rand toegestaan. Die hof het beslis die staat het nie voldoende bewyse voorgelê dat sy ‘n vlugrisiko is nie. Cholota word saam met Magashule en verskeie amptenare aangekla van bedrog en korrupsie rondom ‘n asbes-tender van 255-miljoen-rand. Sy het aanvanklik ingestem om vir die staat te getuig, maar later van plan verander. Cholota is verlede week uit Amerika uitgelewer waar sy vier maande aangehou is.