# Die ACDP waarsku oor ‘n dreigende waterkrisis en eis onmiddellike ondersoeke na waterbehandelings-aanlegte. Na voortslepende waterkwessies in Warrenton weens beweerde wanbestuur, het die party ‘n belofte gekry van adjunkpresident Paul Mashatile vir forensiese oudits. Wayne Thring van die ACDP hoop hierdie ondersoeke spreek besmetting en korrupsie aan en sal openbaar gemaak word, met gevolge vir dié wat oortree het. Thring sê met net 26 uit 958 waterstelsels wat voldoen aan skoon waterstandaarde, is dringende optrede nodig om ‘n ergerwordende waterkrisis af te weer.
ACDP waarsku oor dreigende waterkrisis en eis onmiddellike ondersoeke