Skip to content

Aanstelling van David Cameron as minister van Buitelandse Sake gekritiseer

# Die Britse eerste minister Rishi Sunak se besluit om David Cameron in ‘n kabinetskommeling as minister van Buitelandse Sake aan te stel is gekritiseer. Die voormalige eerste minister vervang James Cleverly, wat die nuwe minister van Binnelandse Sake word ná die afdanking van Suella Braverman. Die Arbeidersparty sê Cameron se aanstelling bring ‘n einde aan Sunak se lagwekkende aanspraak dat hy na 13 jaar van Tory-mislukkings ‘n verandering gemaak het. Intussen beweer die leier van die Plaid Cymru Westminster, Liz Savile Roberts, dat die Konserwatiewe Party nie eens meer voorgee dat hulle demokraties aanspreeklik is nie.