# Die polisie in Gauteng het ‘n 72-uur aktiveringsplan ingestel ná ‘n polisiebeampte doodgeskiet en twee gewond is. ‘n Woordvoerder, Athlende Mathe, sê ‘n lid van die ondersoekspan van die Orlando-gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seks-oortredings-eenheid is dood na hy beroof en verskeie kere geskiet is. Twee lede van die Pretoria Openbare Orde-eenheid is geskiet toe hulle in ‘n Nyala-voertuig op patrollie was. Die polisie het ‘n beroep op samewerking met gemeenskappe gedoen in ‘n poging om polisie-moorde stop te sit.