Skip to content

Gauteng-alliansie politieke raad verwerp DA se mosie van wantroue teen Lesufi

# Die Gauteng-alliansie politieke raad verwerp die DA se mosie van wantroue teen premier Panyaza Lesufi, en beskryf dit as opportunisties en ontwrigtend. Die raad bestaan uit die ANC, SAKP, Cosatu en SANCO. Die DA beskuldig Lesufi dat hy versuim om doeltreffend te regeer, werk te skep, veiligheid te verseker en ekonomiese geleenthede te bevorder. Daar word vandag oor die mosie gestem. Die raad sê hy het volle vertroue in die leierskap van Lesufi en die span lede van die uitvoerende raad wat hy lei.