# Rugby: Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus het groot veranderinge aangekondig vir Saterdag se toets teen Italië in Turyn. Daar is 12 veranderinge aan die groep wat verlede naweek Franse harte gebreek het met ‘n oortuigende oorwinning van 32-17 in die Stade de France in Parys. Die enigste spelers wat in die opdrafspan oorbly, is kaptein Siya Kolisi, die stut Boan Venter, die vleuel Kurt-Lee Arendse en die heelagter Damian Willemse. Kwagga Smith keer terug na die bank in die plek van Johan Grobbelaar, wat haker speel. Afskop is Saterdagmiddag 2:40.
Rugby: Rassie maak groot veranderinge vir wedstryd teen Italië in Turyn