# Rugby: Suid-Afrika kan die naweek seker maak hy sluit die jaar boaan die wêreldranglys af as alles volgens plan verloop, tenspyte van die uitslag van sy oorblywende toerwedstryde teen Ierland en Wallis. Om dit te bereik moet die Springbokke Italië môre in Turyn klop en Engeland moet die All Blacks op Twickenham verslaan. Die Bokke het hulle voorsprong op Nieu-Seeland in die tweede plek verhoog met verlede naweek se oorwinning oor Frankryk. Engeland is tans vierde na Ierland, wat môre teen die Wallabies speel.
Rugby: Bokke kan die naweek seker maak hulle sluit jaar af as nommer een