Skip to content

Rugby: Twee jong Springbok-sterre hernu hul kontrakte met die Bulle

# Rugby: Twee Springbokke, die 23-jarige agsteman Cameron Hanekom en die 24-jarige stut en haker Jan-Hendrik Wessels, het hul kontrakte met die Bulle verleng. Hulle sal nou tot die einde van 2028 se seisoen vir die Pretoriase unie speel. Hanekom en Wessels word beskou as invloedryke toetsspelers van die toekoms. Uitvoerende hoof Edgar Rathbone sê hulle roem daarop dat hulle ʼn klub is waar kampioene gemaak word, en die twee spelers se besluit om langer te bly, is ʼn groot mosie van vertroue in die Bulle-familie.