Skip to content

Tennis: Jannik Sinner deur na ATP-jaareindtoernooi se halfeindronde

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, het sy plek bespreek onder die laaste vier van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn. Die Italianer het Alexander Zverev van Duitsland geklop en sy seges op binnenshuise harde bane tot 28 uitgebrei. Sinner staan steeds ʼn kans om die jaar as nommer-een af te sluit, maar moet sy titel verdedig en hoop Carlos Alcaraz wen nie nog ʼn wedstryd nie. Felix Auger-Aliassime van Kanada het intussen sy eerste oorwinning van die toernooi behaal toe hy met die Amerikaner Ben Shelton afgereken het.