# Krieket: Die Suid-Afrikaners Senuran Muthusamy en Laura Wolvaardt is onderskeidelik aangewys as die Internasionale Krieketraad se mans- en vrouespeler van die maand vir Oktober. Muthusamy is vereer vir sy briljante prestasie met die kolf en die bal tydens die Proteas se reeks van twee toetse in Pakistan. Die 31-jarige het 106 lopies aangeteken en elf paaltjies laat kantel. Wolvaardt het die Protea-vroue na die eindstryd van die eendag-Wêreldbekertoernooi gelei. Sy het 470 lopies aangeteken, insluitend twee honderdtalle en drie vyftigtalle.
Krieket: Senuran Muthusamy en Laura Wolvaardt van Suid-Afrika is IKR se spelers van die maand vir Oktober