# Rugby: Vleuel Edwill van der Merwe sê die Springbokke verwag ‘n vinnige, onvoorspelbare stryd Saterdag teen Italië in Turyn. Albei spanne het die afgelope naweek inspirerende oorwinnings behaal: die Bokke het Frankryk ten spyte van ‘n rooi kaart met 32-17 gewen, terwyl die Azzurri die Wallabies met 26-19 geklop het. Van der Merwe beskryf Italië as ‘n span wie se aanvallende struktuur en flair dié van Argentinië weerspieël, en skryf dit toe aan die Argentynse afrigter Gonzalo Quesada se invloed. Bok-hoofafrigter Rassie Erasmus sal vanmiddag sy span aankondig.
Rugby: Van der Merwe verwag ‘n onvoorspelbare stryd teen Italië