# Die Oyster Box Hotel het KwaZulu-Natal se eerste oord geword wat die gesogte 5-ster Premium-status van die Suid-Afrikaanse Toerisme-graderingsraad ontvang. Die hotel langs die kus by Umhlanga is nou een van 23 in die land met die status. Bronwen Auret van die graderingsraad sê die Oyster Box is meer as net ʼn hotel. Dis ʼn simbool van erfenis, luuksheid en uitstekende diens. Die hotel het oor die jare belangrike internasionale toekennings ontvang, onder meer Condé Nast se reisigerskeuse-prys.
Oyster Box Hotel in KZN ontvang gesogte 5-ster Premium-status