Skip to content

Sakeliga kritiseer regering se poging om ses grondwetlike uitdagings teen NGV se stuit

# Die drukgroep Sakeliga het ʼn voorwaardelike teenaansoek in die Hooggeregshof ingedien in reaksie op die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se poging om grondwetlike uitdagings teen die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te stuit. Die minister wil ses sake teen die NGV keer en voer aan staatsbronne moet beskerm word terwyl die prosedurele uitdagings in die hof beslis word. Sakeliga sê die minister se aksie sal die regering se NGV-wet met sy ernstige gebreke teen regshersiening beskerm terwyl dit steeds die publiek benadeel.