Skip to content

Ses mans verskyn in hof vir moord op Kaizer Chiefs-ster Luke Fleurs

# Ses mans wat beskuldig word van die moord op Kaizer Chiefs se verdediger, Luke Fleurs, verskyn vandag in die Landdroshof in Palm Ridge, Gauteng. Die 24-jarige is in April verlede jaar doodgeskiet tydens ‘n kaping by ‘n vulstasie in Roodepoort. Die ses staan ​​tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens. Die polisie glo die beskuldigdes is deel van ‘n Gautengse motorkapingsindikaat. Ondersoeke duur voort om meer verdagtes in hegtenis te neem.