Skip to content

Krieket: Protea-vroue klop Bangladesj vir derde agtereenvolgende oorwinning by die Wêreldbeker

# Krieket: Suid-Afrika het Bangladesj in Visakhapatnam met drie paaltjies verslaan vir hulle derde agtereenvolgende oorwinning in die Wêreldbekertoernooi vir vroue. Shorna Akter se onoorwonne 51 het Bangladesj tot ‘n mededingende 232 vir ses gevoer. Die Proteas is eers beperk tot 78 vir vyf, maar Marizanne Kapp en Chloé Tryon het ‘n vennootskap van 85 lopies aangeteken om Suid-Afrika in die wedstryd te hou. Nadine de Klerk het weer tot die redding gekom met ‘n onoorwonne 37 om die Proteas na oorwinning te lei met drie balle oor.