Skip to content

Israel vernietig tweede wolkekrabber terwyl aanval op Gazastad verskerp

# Die Israelse weermag het nog ‘n wolkekrabber in Gazastad vernietig, die tweede groot gebou die afgelope twee dae. Die minister van Verdediging, Israel Katz, het ‘n video op X geplaas van die gebou wat ineenstort, met die opskrif: “Ons gaan voort”. Die weermag, wat sy operasies in Gaza uitgebrei het, sê die Sussi-toring word deur Hamas gebruik – ‘n bewering wat deur die militante groep ontken word. In ‘n plasing op sosiale media het ‘n woordvoerder inwoners aangespoor om die stad te verlaat en by die duisende aan te sluit wat reed by al-Mawasi, tussen Khan Younis en die kuslyn te vestig.