Skip to content

WSU-studente span saam om vloedslagoffers te help

# Die Walter Sisulu Universiteit se studente-liggaam van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Openbare Administrasie en Bestuur het ʼn skenkingsveldtog begin om gesinne te steun wat deur die verlede maand se oorstromings in die Oos-Kaap geraak word. Altesaam 103 mense is dood en duisende ontheem tydens die oorstromings, wat veral die OR Tambo- en die Amathole-distrik getref het. Die vereniging het reeds hulpvoorraad versprei onder gesinne in die Slovo-gebied in Mthatha. Die organisasie sê deernis en goedhartigheid maak ʼn verskil in tye van nood.