# ʼn Fisikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, professor Andrew Forbes, en ‘n pediatriese neurosjirurg aan die Universiteit van Kaapstad, professor Anthony Figaji, het die Harry Oppenheimer-genootskapstoekenning van 2,5-miljoen-rand ontvang. Die prys vereer geleerdes wat betrokke is by baanbrekende, internasionaal-erkende navorsing. Forbes se navorsing kan die lewensvatbaarheid van kwantum-rekenaarwetenskap ontsluit terwyl Figaji s’n Suid-Afrika die middelpunt van lewensbelangrike vordering in die behandeling van pediatriese breinbeserings kan maak.
Twee Suid-Afrikaanse wetenskaplikes ontvang gesogte Harry Oppenheimer-toekenning