# Die DA het die aanstelling van ‘n 29-jarige brigadier wat tans op borgtog uit is vir bedrog, as Hoof van Sigbare Polisiëring in die Mootdistrik van Pretoria, veroordeel. Ian Cameron van die DA sê die offisier het nie voldoende opleiding nie, het nog nooit ‘n uniform gedra nie, en staar ernstige aanklagtes in die gesig. Terwyl die polisie dit ‘n tydelike aanstelling noem, dring Cameron aan dat sy dadelik geskors moet word en vra vir ‘n volledige verduideliking deur die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola. Die brigadier is een van die beskuldigdes in die korrupsieverhoor van hoë amptenare by Misdaadintelligensie.
DA veroordeel aanstelling van korrupsie-aangeklaagde brigadier tot Sigbare Polisiëring in Pretoria