# Die Verkiesingskommissie het bevestig byna 90-miljoen stembriewe is binne ‘n maand gedruk vir 2024 se verkiesing en na meer as 23-duisend bestemmings versprei. Uitvoerende hoof Sy Mamabolo het aan die Parlement se portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake gesê meer as 200-duisend personeellede het die bedrywighede ondersteun. Belangrike prestasies sluit in die onmiddellike verslagdoening oor uitslae, kommunikasieveldtogte, pogings teen waninligting en verbeterde toeganklikheid vir siggestremde kiesers. Mamabolo erken egter die uitdagings met mannekrag en logistiek op so ‘n reuse-skaal:
Verkiesingskommissie doen verslag oor 2024 se verkiesing, beklemtoon belangrike mylpale en uitdagings [KLANK]
ENG-MamaboloOnElections2014