# Die GOOD-party sê die regering moet ʼn streng boodskap stuur aan die vreemdelingehaters wat buitelanders in Gauteng en KwaZulu-Natal toegang tot gesondheidsgeriewe weier. Operasie Dudula het verlede week buitelanders gekeer om mediese sorg te kry, onder meer by die Addington-hospitaal, Gateway-kliniek en RK Khan-hospitaal in Chatsworth. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die Grondwet waarborg gesondheidsorg vir almal in die land. Hy sê mense wat reg in eie hande neem, moet gearresteer en vervolg word:
GOOD-party sê regering moenie gesondheidsorg-vigilantes ignoreer nie [KLANK]
ENG HerronOnHealthcareAccess