# Rugby: Jasper en Cobus Wiese word dalk die 37ste stel broers om Suid-Afrika te verteenwoordig indien hulle Saterdag saam op die veld is in die tweede toets teen Italië in Gqeberha. Agsteman Jasper het reeds 28 wedstryde vir die nasionale span gespeel en is in die beginspan gekies. Cobus, wat slot of flank vir die Bulle speel, kan moontlik sy toetsbuiging van die bank af maak. Jaden en Jordan Hendrikse was in November die laaste broers wat saam vir die Bokke gespeel het teen Wallis.
Rugby: Jasper en Cobus Wiese 37ste stel broers om vir Bokke te speel