Skip to content

900-jaar-oue Thai-standbeeld gerepatrieer uit Amerika

# ‘n 900-jaar-oue standbeeld wat drie dekades lank by die Metropolitan Museum of Art in New York gehou is nadat dit uit Thailand gesmokkel is, is tydens ‘n amptelike geleentheid terugverwelkom. Die standbeeld van 129-sentimeter van die Hindu-god, Shiva, is gerepatrieer nadat dit met die Brits-Thaise kunshandelaar, Douglas Latchford, verbind is. Hy is kort voor sy dood in 2020 aangekla van die smokkel van gesteelde oudhede. Die standbeeld is meer as 50 jaar gelede tydens argeologiese opgrawings naby die grens met Kambodja ontdek. Dit is vermoedelik in 1975 uit Thailand gesmokkel.