Skip to content

78 getekende sketse deur Michael Jackson gaan opgeveil word

# Die koning van popmusiek, Michael Jackson, se ondertekende sketse gaan volgende maand in Los Angeles opgeveil word. King’s Auctions sê Jackson is deur talle kunsvorms beïnvloed – van klassieke werke en argitektuur tot pop-kuns en selfs formele portretstudies. Die maatskappy sê hy was ook baie lief vir Londense en Britse kunsstyle. Agt-en-sewentig kunswerke gaan opgeveil word. Jackson is in 2009 in die ouderdom van 50 oorlede.