Skip to content

60 dae skietstilstand bereik tussen Israel en Hizbollah

# Israel en die militante groep, Hizbollah, het ingestem tot ʼn Amerikaans-gesteunde skietstilstand-ooreenkoms in Libanon. Tydens die skietstilstand van 60 dae sal Israelse soldate geleidelik uit die suide van Libanon onttrek terwyl die Libanese regering beheer kry oor ʼn gebied wat Hizbollah tans beheer. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê daar is drie redes vir die skietstilstand. Hulle gaan op die bedreiging uit Iran fokus, wapenvoorrade aanvul en Hamas isoleer. Hy waarsku dat Israel nie sal huiwer om toe te slaan indien Hizbollah die ooreenkoms verbreek nie.