Skip to content

55% moontlikheid dat La Niña in die volgende drie maande kan ontwikkel

# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku teen ’n moontlikheid van 55-persent dat La Niña-toestande tussen Desember 2024 en Februarie 2025 kan ontwikkel. La Niña verwys na die grootskaalse daling in die oseaan se oppervlak-temperature. Die organisasie se sekretaris-generaal, Celeste Saulo, sê selfs indien La Niña-toestande ontwikkel, sal die korttermyn afkoeling se uitwerking te min wees om die verwarming weens vasgekeerde kweekhuisgasse in die atmosfeer teen te werk. Die vorige voorspelling in September het ’n 60-persent kans vir La Niña-toestande in Desember tot Februarie verwag.