# Die Universiteit van Pretoria sê 38 organisasies het tot dusver meer as 15-miljoen-rand aan sy Giving Matters-veldtog geskenk. Die veldtog samel geld in vir studente wat nie vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kwalifiseer nie. Die veldtog is in 2022 van stapel gestuur. Daardie jaar is 31-miljoen-rand by 504 skenkers ingesamel en verlede jaar het 834 skenkers sowat 36-miljoen-rand bygedra. Die universiteit sê hy is dankbaar vir die filantropiese gees van elke skenker en student wat bygedra het.
38 organisasies skenk meer as R15-miljoen aan UP se Giving Matters-veldtog