# Drie-en-dertig mense is dood in ‘n tronkopstand in Maputo, die hoofstad van Mosambiek, en 15 is beseer, terwyl burgerlike onluste voortduur oor Oktober se bestrede verkiesing. ‘n Besluit Maandag deur Mosambiek se hoogste hof om die Frelimo-oorwinning te bevestig, het gelei tot nuwe landwye betogings deur opposisiegroepe wat sê daar is met die proses gepeuter. Polisiegeneraal Bernardino Rafael gee betogings buite die tronk die skuld vir die aanblaas van die opstand. Ongeveer een-duisend-500 mense het uit die tronk ontsnap, maar ten minste 150 is weer aangekeer.
33 dood in Mosambiekse tronkopstand terwyl burgerlike opstand die land in sy greep het