Skip to content

2023 beleef grootste aantal burgerlike ongevalle en sterftes weens plofstowwe

# Die liefdadigheidsorganisasie, Action on Armed Violence wat in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het verlede jaar ʼn toename van 122-persent getoon in burgerlikes wat weens plofstowwe dood is. Minstens sewe-duisend-307 plofstof-voorvalle het wêreldwyd voorgekom teenoor die vier-duisend-322 voorvalle die vorige jaar. Die aanvalle het minstens 15-duisend-305 burgerlikes se dood veroorsaak. Die organisasie se navorsing toon die gebruik van wapens wat in die lug afgevuur word, het verlede jaar wêreldwyd met 226-persent gestyg van 519 voorvalle in 2022 tot een-duisend-694 verlede jaar. Konflik in Gaza, Oekraïne, Soedan, Mianmar en Somalië is uitgelig.