NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 29 Desember 2 nm
Goeiemiddag, ek is ……… met jou Nuus-hooftrekke om 2-uur
# Die Pad-verkeer-bestuurs-korporasie sê meer as drie-duisend-500 mense is sedert die begin van die feestyd op die land se nasionale paaie in hegtenis geneem vir verskeie soorte padoortredings.
# ‘n Onderwys-aktivis doen ‘n beroep op die ANC om 2022 te verklaar tot die jaar van die gegradueerde en die werklose kader.
# Die munisipaliteit van George in die Suid-Kaap doen ‘n ernstige oproep op inwoners en besoekers aan George om oor die volgende 48-uur water spaarsaam te gebruik, nadat drie pype gebars het.
# Die departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing kondig die heropening aan van die aanlyn-aansoekstelsel vir die toekenningsproses van visvangregte, vir geregistreerde gebruikers én nuwe aansoekers.
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………